Strict Standards: Non-static method PageInfoOperations::LoadPageInfoByContentAlias() should not be called statically in /home/loskop4x/public_html/index.php on line 117
Loskop Valley 4x4 - Welkom by Loskop Vallei 4x4

Welkom by Loskop Vallei 4x4
Click on a thumbnail to view a larger image. Click on the close button to close it.

Loskop Vallei 4x4 het in 1997 ontstaan toe 'n groep 4 x 4-entoesiaste ondervind het dat daar 'n behoefte aan ontspanning in die natuur is. Die Loskopvallei en omgewing het seker van die mooiste natuurtonele met 'n bosveldplantegroei, asemrowende koppies en helder rivierstroompies.

Daar is 'n groot verskeidenheid wildspesies en vollewe wat wyd verspreid voorkom. Die 4 x 4-entoesiaste het gepoog om deur middel van 4 x 4-roetes hierdie skat van die Loskopvallei aan alle 4 x 4-entoesiaste en hul gesinne beskikbaar te stel. Daar is verskeie roetes in die area beplan en ontwikkel wat baie goed kompeteer met enige strawwe 4 x 4-roetes.

Ons het ook 5 jaar saam met Francois Rossouw van RSG (Radio Sonder Grense) 4 x 4- naweke aangebied in die streek waar almal lekker gery, gekamp en van die kookspan se heerlike etes geniet het.


WIEL-tydskrif se roete was maklik tot moeilik en het 'n 4-ster behaal en onder die Top 10- roetes. Hierdie hoë standaard word steeds gehandhaaf en individuele groepe en klubs kan ons kontak vir 'n onvergeetlike 4 x 4 -dag of naweek.